R26,588,000

R26,588,000

2,312Ha Farm For Sale in Ventersburg Rural
Print

Uitstekende 2 312 ha Bees- En Wildboerdery-Eenheid Te Koop – Winburg / Ventersburg

Web Ref. RL5830
Land size 2312.00 Ha
Monthly Bond Repayment
R265,449.24
Hierdie goed-ontwikkelde, wildwerend omheinde plaas van 2 312 ha bestaan uit drie aanliggende dele – Baskop, Florida en Braklaagte – en bied ’n volwaardige bees- of wildboerdery-opset met moderne infrastruktuur en puik weidings. Die drie dele is afsonderlik, of as 'n geheel te koop.

DEEL 1 (BEKEND AS BASKOP)
Totale grootte: 668,1233 ha
R7 682 000

Vanaf Winburg, net voor Ventersburg, draai vanaf die N1 na die plaas.

Ongeveer 4 ha besproeiing uit die spruit wat die grens van Deel 1 vorm, en ongeveer 10 ha droelande. Die plaas is wildwerend omhein met binnekampe en geskik vir bees- of wildboerdery.

Daar is 'n koppie op die plaas, asook mooi natuurlike vlei- en rooigrasweidings. Die infrastruktuur, soos hekke en drade, is uitstekend. Daar is een arbeidershuis op die plaas, sowel as uitstekende veehanteringsgeriewe. Die plaas het 13 kampe, 15 waterkrippe, 3 gronddamme, 2 windpompe en 3 sementdamme. Daar is ook 1 dompelpomp, 1 sonpomp, 3 watertenks en 1 kraal. Die heinings is 2,4 m hoog en feitlik nuut, met baie goeie hekke. 11 kampe is links van die N1 en 2 kampe is regs.

Besproeiing uit die spruit, met 'n keerwal binne-in, maak besproeiing standhoudend. Sien kaart van plaas Baskop.

Drakrag: 1/5 GVE
Jaarlikse reënval: 550-600 mm
Veehanteringsgeriewe: Een stel pypkrale met 'n laaibank

Kontak die agente vir meer inligting.

DEEL 2 (BEKEND AS FLORIDA)
Totale grootte: 855,1529 ha
R9 832 500

Hierdie deel is die hart van al die plase. Aangrensend aan Deel 1 en Deel 3, met die hoofwoonhuis en 'n tweede woning. Skaapvoerkraal met lamhokke en krippe onder dak. Groot store, koelkamer, slaggeriewe en groot klip- en pypkrale. Wildwerende omheining wat ge-elektrifiseer kan word.

Daar is 'n pragtige plaashuis met kameratorings om die hele plaas vanaf die kantoor dop te hou. Algehele radionetwerk vir kommunikasie met alle voertuie en ook met handradios. Drade is in 'n uitstekende toestand - 2,4 m hoog, met elektriese skuifhekke. Deel 2 is geskik vir wild- of beesboerdery, met 17 kampe, 23 waterkrippe, 5 gronddamme, 7 windpompe, 6 sementdamme, 4 dompelpompe, 1 sonpomp, 4 watertenks en 1 kraal.

Hierdie is een van die beste beesplase in die omgewing, met uitstekende infrastruktuur en lande wat tans onder sorghum geplant is vir voer. 'n Derde woning op die plaas word tans uitverhuur. Sien kaart aangeheg.

Eskom: 12 kVA-sonstelsels, 5 kVA-sonstelsel en 35 kVA bystand kragopwekker
Drakrag: 1/5 GVE
Jaarlikse reënval: 550-600 mm

Kontak die agente vir meer inligting.

DEEL 3 (BEKEND AS BRAKLAAGTE)
Totale grootte: 789,6583 ha
R9 073 500

Uitstekende beesplaas met moderne infrastruktuur, insluitend pragtige beeskrale, store en 'n huis. Die plaas is opgedeel in 35 kampe, 22 waterkrippe, 2 gronddamme, 4 windpompe, 6 sementdamme, 1 rondekrip, 1 monopomp, 1 sonpomp en 1 kraal. Daar is verskeie store en arbeidershuise. Die weidings bestaan uit sagte beesweidings, rooigras en smutsvinger. Die kampe is klein en goed bewerk. Deel 3 grens aan Dele 2 en 4.

Eskom-kragvoorsiening
Drakrag: 1/5 GVE
Jaarlikse reënval: 550-600 mm

Kontak die agente vir meer inligting.

Features

Exterior
Pet Friendly
Sizes
Land Size 2,312 Ha
Listing Info
Date Listed 28-10-25
Time Listed 08:47

Ventersburg Rural, 2040

Google map for 2,312Ha Farm For Sale in Ventersburg Rural

Disclaimer

While every effort will be made to ensure that the information contained within the Home & Hectare website is accurate and up to date, Home & Hectare makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.