Mixed-Farming Opportunity
50 ha oulande kan weer omgeskakel word
320 ha gemengde veld( soet en suurveld)
->Totale grootte van 485 ha
Hierdie gemengde boerdery-eenheid bestaan uit twee aangrensende plase minder as 10 km oos van Ladybrand wat as eenheid funksioneer. Die plaas is maklik bereikbaar via grondpad wat in aanvaarbare toestand is. Die grond self het 'n meestal plat topografie met 'n sagte helling van noord na suid, en die gebied ontvang 'n gemiddelde jaarlikse reënval van ongeveer 650-700 mm.
Huidige gewasverbouing sluit in sojas,mielies of sonneblom( tans sojas) .Oes is nie ingesluit nie.
Hier word met Bonsmara beeste geboer en 80 koeie is ingesluit in die koop (in verskillende stadium van produksie). Baie netjiese en sterk veehanteringsgeriewe maak veeboerdery hier 'n plesier!
Die natuurlike weiding op die plase bestaan hoofsaaklik uit gemengde soetgrasspesies, met 'n geskatte dravermoë van 4-5 hektaar per GVE (grootvee-eenheid). Die veld is reg deur die jaar in 'n goeie toestand agv die goeie reënval streek waarin die plaas geleë is, wat 'n lewensvatbare weidingsopsie vir vee bied.
Die eiendom is geleë tussen ander bona fide boerdery-eenhede, wat hoofsaaklik vir natuurlike weiding en gewasproduksie gebruik word. Met drie boorgate, verwante damme en reservoirs, wat 'n konstante toevoer van water aan alle kampe verseker. Die eiendom is verdeel in 11 kampe, elk toegerus met voldoende veesuipings en die heinings is in 'n goeie toestand.Die grensheinings is met 3 elektriese drade bykomend omhein om vee binne die plaas te hou, wat 'n groot pluspunt is.
Wat verbeterings betref, beskik die eiendom oor drie wonings. Die hoofwoning is 'n dubbelverdieping, 6-slaapkamer huis, baie ruim en netjies. Daar is 'n woonstel, 'n voormalige melkstal, 'n werkswinkel en 'n groot stoor met 'n oppervlakte van ongeveer 1000 m², sementvloer en is toegebou. Die geboue is oor die algemeen in 'n goeie toestand en benodig slegs geringe onderhoud. Eskom 3-fase elektrisiteit is aan die eiendom gekoppel, met 'n enkele toevoerpunt wat die hele plaas bedien.
1 Landini trekker met 'n laaigraaf en los implemente is ingesluit by die koop, asook 'n 4-silinder kragopwekker.
Oor die algemeen is dit 'n gevestigde boerdery-eenheid wat 'n gebalanseerde kombinasie van weiding, water en infrastruktuur bied, wat dit geskik maak vir beide bees- en gewasproduksie.
Features
Finance
R0,00
R0,00
Disclaimer
While every effort will be made to ensure that the information contained within the Home & Hectare website is accurate and up to date, Home & Hectare makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.