Netjiese Woonhuis te Koop in Burgersdorp, Oos-Kaap - Ideaal vir Familie of Gastehuis
Hierdie ruim eiendom, gelee in n rustige woonbuurt van Burgersdorp, bied n perfekte mengsel van styl, gerief en potensiaal. Die huis is pragtig afgewerk met houtvloere en bied die volgende geriewe:
Hoofhuis:
4 Slaapkamers - waarvan hoofslaapkamer n en suite badkamer het. 3 Badkamers - insluitend een en suite
Verhittingspanele in slaapkamers en kombuis vir koue winters.
Ruim leefareas - Oopplan eet- en woonkamer met n knus kaggel in die eetkamer en 'n skoorsteen in die sitkamer vir 'n koolstoof.
Studeerhoekie vir rustige werktye Goed toegeruste kombuis met 'n gasstoof (6 plate), groot elektriese oond en 'n waskamer en spens aan die kombuis verbind
Ekstra geriewe:
Buitewoonstel met 2 slaapkamers en n badkamer - ideaal vir verhuring of as n gaste-eenheid
Dubbelmotorhuis met ekstra afdakke vir twee voertuie Elektriese hek vir ekstra veiligheid Goedversorgde tuin met drie terras-grasperke, n groot area vir groente en 34 vrugtebome
Boorgat met sterk water en n dompelpomp wat al die water vir die huis en tuin voorsien
Swemdam en buitebraai-area vir gesellige kuiers Buitegeboue:
Stoorplek vir tuingereedskap en n bediendekamer met stort en toilet Nog n kleiner buitegebou met twee kamers en motortoegang
Hierdie eiendom bied eindelose moontlikhede - ideaal vir n familie wat spasie en gerief verlang, of as 'n potensiele gastehuis met sy ruim uitleg en ekstra verblyfopsies.
Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie - n ware juweel in die hart van Burgersdorp!
Sign-up and receive Property Email Alerts of Houses for sale in Burgersdorp, Burgersdorp.
Disclaimer: While every effort will be made to ensure that the information contained within the Home and Hectare website is accurate and up to date, Home and Hectare makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.
Please note: Most banks charge an administration and initiation fee. Disclaimer: These calculations are only a guide. Please ask your conveyancer for exact calculations.