R10,500,000

R10,500,000

671.60Ha Farm For Sale in Mpumalanga
Print

671.59 ha Veeboerdery met Goeie Water en Verbeterings naby Volksrust

Web Ref. RL6465
Land size 671.60 Ha
Monthly Bond Repayment
R106,599.04
671.59 ha Veeboerdery met Goeie Water en Verbeterings naby Volksrust

Hierdie goed geleë plaas van 671.59 ha bied uitstekende geleenthede vir veeproduksie in die gewilde Volksrust-omgewing. Die plaas beskik oor ongeveer 50 ha oulandsgras, terwyl die balans uit natuurlike weiding bestaan, ideaal vir ekstensiewe beweiding.

Die verbeterings sluit 'n ruim plaashuis met woonstel in wat tans bewoon word, asook blou ysterklipskure en goed ontwikkelde beeskrale.

Water is 'n groot pluspunt op die eiendom. Fonteine voorsien die huis van water, terwyl twee boorgate voldoende water vir vee verseker. Een boorgat is toegerus met 'n sonkragpomp vir veesuipings en die tweede boorgat maak gebruik van Eskom-krag.

'n Praktiese, funksionele plaas met goeie infrastruktuur en betroubare waterbronne, geskik vir die ernstige beesboer of belegger.


Die aangresende plaas kan afsonderlik aangekoop word of saam met hierdie een vir 'n groter boerderyeenheid.

Prys: R10 500 000 (BTW indien van toepassing).

Features

Exterior
Pet Friendly
Sizes
Land Size 671.60 Ha
Listing Info
Date Listed 02-11-26
Time Listed 10:12

Disclaimer

While every effort will be made to ensure that the information contained within the Home & Hectare website is accurate and up to date, Home & Hectare makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.